Baba dood op ma se rug na die pa die ma aanrand
‘n Elf-maande oue babameisie Maria Ndapandula is dood nadat haar 40-jarige pa haar glo op haar ma se rug met sy stewels geskop het. Die voorval het by die Okatope kaKanime-nedersetting naby Okongo in die Ohangwena-streek plaasgevind toe die gesin van ‘n cucashop op pad terug huis toe was. Volgens die Namibiese polisie het die man die ma met sy vuiste geslaan, sy het geval met die baba op haar rug en hy het hulle aanhou skop. Toe die ma glo by die huis die baba van haar rug afhaal, was sy dood. Die verdagte is gearresteer en sal op klagte van moord en aanranding saam met geslagsgeweld aangekla word. Die baba se liggaam word in die polisielykshuis by die Okongo-polisiestasie gehou hangende die nadoodse ondersoek.