Alle verdagtes in Thabo Bester-saak vandag in die hofJune 20, 2023
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester en sy vermeende medepligtige dokter Nandipha Magudumana, verskyn vandag virtueel in die Bloemfontein-landdroshof. Die sewe medebeskuldigdes wat in verband met Bester se ontsnapping verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis gearresteer is, sal in persoon in die hof wees. Bester verskyn glo virtueel weens kommer oor veiligheid rondom sy vervoer van die Kgosi Mampuru-tronk in Pretoria na Bloemfontein.