AfriForum: Nuwe misdaadvoorkomings-bewaarders ‘n politieke spel

AfriForum het sy besorgdheid uitgespreek oor die gebrek aan deursigtigheid oor die prosesse vir werwing en opleiding van die nuwe misdaadvoorkomings-bewaarders in Gauteng. Die burgerregte-organisasie vra in ʼn brief aan die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, antwoorde oor opleidings-prosesse, die opleidings-verskaffer, die bevel-struktuur en samewerking met strukture in gemeenskapsveiligheid. Volgens Jacques Broodryk van AfriForum is dit bloot ʼn politieke spel in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.