Wes-Kaap maak gereed vir nog ‘n reuse-front

Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê nóg ‘n kouefront het vandag oor die provinsie inbeweeg, wat swaar reën tot gevolg het oor sekere dele. Talle gebiede is reeds swaar getref deur onlangse kouefronte, met wydverspreide oorstromings wat baie paaie en brûe ontoeganklik maak. Bredell sê weens die kouefront kom golwe van tussen vier en vyf meter hoog ook voor in die see tussen Alexanderbaai en Plettenbergbaai: