Numsa vra Uganda om sy anti-gay-wette te herroep

Die Metaalwerkers-vakbond, Numsa, versoek die regering van Uganda om sy anti-gay-wetgewing te herroep. Die regering het onlangs wetgewing goedgekeur wat homoseksualiteit in die land kriminaliseer. Die nuwe wet maak voorsiening vir lewenslange gevangenisstraf vir selfdegeslag-aktiwiteite. Daarbenewens is verswarende homoseksualiteit, waarby individue met MIV betrokke is, strafbaar met die dood. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, versoek die Ugandese regering om menseregte en gelykheid vir alle individue te beskerm, ongeag hulle seksuele oriëntasie.