Misdaad teen kinders kommerwekkend in SAOG

Die adjunk-inspekteur-generaal vir operasies van die Namibiese polisie, generaal-majoor Elias Mutota, sê kwessies van misdaad teen kinders is steeds vir SAOG-streke tot groot kommer. Hy was vandag die hoofspreker tydens die streeks-vergadering van Interpol-hoofde van Nasionale Sentrale Buro’s op Swakopmund. Hy sê die meeste van die lidlande het spesiale eenhede gestig het om sake te hanteer wat verband hou met kwesbare persone, insluitend kinders. Daar is sekere vereistes wat nodig is om geakkrediteer te word in die International Child Sexual Exploitation Image Database. Generaal-majoor Mutota sê daarom moet die streek hard daaraan werk om aan hierdie vereistes te voldoen om misdaad teen kinders hok te slaan.