Middelmanne by Eskom verbaas nie – Sakeliga
Sakeliga in Suid-Afrika, sê die teenwoordigheid by Eskom van tussengangers wat geen waarde toevoeg nie, is geen verrassing nie. Dit word toegeskryf aan die kragvoorsiener se geskiedenis van voorkeur aan swart ekonomiese bemagtiging en die verkryging van plaaslike inhoud. Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het onlangs verklaar tussengangers wat geen waarde toevoeg nie, ook bekend as die middelman, dra gemiddeld by tot drie beurtkragfases weens vertragings in die voorsieningsketting. Piet le Roux van Sakeliga sê die organisasie het ‘n verslag aan die minister gestuur oor verkryging wat waarde vir geld bied: