McIlroy teleurgesteld oor verlies by Amerikaanse Ope
Die wêreld nommer-drie, Rory McIlroy, het sy teleurstelling uitgespreek omdat hy sy vyfde major, wat ook sy eerste sedert 2014 sou wees, misgeloop het. Die Amerikaner, Wyndham Clark het die Amerikaanse Ope by die Los Angeles Buiteklub gewen, toe hy een hou voor McIlroy klaargemaak het. Dit is Clark se eerste major-titel. McIlroy het nou in 19 majors onder die toptien klaargemaak, insluitend die afgelope vyf Amerikaanse Ope-toernooie. McIlroy sê, klein foutjies het hom sy laaste twee kanse gekos om majors te wen: