Grammys: Namibiese musiekbedryf moet eers plaaslik ondersteun word
Die Namibiese musiekbedryf verwelkom die insluiting van die kategorie Beste Afrika Musiek-uitvoering op die 66ste Grammy-toekennings. Die toevoeging word beskou as ‘n positiewe erkenning van die uiteenlopende musiekbedryf in Afrika. Die Grammys sal ook twee ander nuwe kategorieë bekendstel, naamlik Beste Pop-dans-opname en Beste Alternatiewe Jazz-album. Sula Kyababa, stigter van Ogopa Butterfly Productions het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê dat die Namibiese musiekbedryf net sal blom as dit eers plaaslik waardering ontvang…