Die besoek het gehandel oor graan – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die konflik tussen Rusland en Oekraïne het ‘n besliste uitwerking op Afrika-lande en -ekonomieë. Die president was deel van ‘n Afrika-afvaardiging op ‘n vredesending na Kiëf en Moskou. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief deel van die tienpunt-voorstel wat aan President Vladimir Putin en President Volodymyr Zelensky oorhandig is, is dat die vervoer van graan oor die Swartsee toegelaat word. Hy sê die uitwerking van die konflik op menselewens en die wêreldekonomie beteken alle lande word geraak.