Damvlakke: Water steeds van Swakoppoort na Von Bach gepomp
Water word nog steeds vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgepomp. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die Von Bachdam net 22,4 persent vol teenoor verlede jaar dieselfde tydperk se 51,4 persent. Die Swakoppoortdam is nou 66,5 persent vol teenoor verlede jaar se 89,5 persent. Die Omatakodam is al ‘n geruime tyd dolleeg. Kommer heers ook oor die Hardap-dam wat ‘n verlies van 0,827 miljoen kubieke meter water die afgelope week gehad het. Hardap se vlak staan nou op 36,2 persent teenoor verlede jaar se 67 persent dieselfde tydperk. Die Nautedam was verlede jaar 96,2 persent vol en is nou 61,4 persent vol. By Rehoboth is die Oanobdam 57,8 persent vol teenoor verlede jaar se stand van 79 persent.