Cyril se Europese avontuur misluk, maak SA se beeld seer – kenner

Die bekende politieke ontleder in die buurland, professor Andre Duvenhage, sê Ramaphosa en sy afvaardiging se sending na die Oekraïne en Rusland oor die naweek, was ‘n mislukking. Die Oekraïne het die Afrika-vredesplan van die hand gewys en Russiese President Vladimir Putin het die voorleggings in die rede geval en foute uitgewys. Duvenhage sê daar is nie veel belangstelling in vrede nie.

En die sending, met sy debakel in Pole, het skade aan Suid-Afrika se beeld gerig.