Blinken: Beide VSA en China soek beter betrekkinge
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het met die Chinese President, Xi Jinping vergader aan die einde van sy besoek aan Beijing. Dit is die Chinese leier se eerste vergadering met ‘n Amerikaanse minister van buitelandse sake sedert 2018. Xi het tydens die vergadering gesê hy hoop dat Blinken ‘n positiewe bydrae sal lewer tot die stabilisering van betrekkinge tussen dié twee lande. Blinken het vroeër vandag met China se mees senior diplomaat, Wang Yi vergader. Wang het vroeër gesê betrekkinge tussen China en Amerika is op ‘n laagtepunt, hoofsaaklik weens Amerika se verkeerde persepsies van China. Blinken sê beide lande soek stabiliteit in hul betrekkinge.