Australië gaan referendum hou oor groter seggenskap aan inheemse groepe

Die Australiese senaat het ‘n plan van die regering goedgekeur om ‘n referendum te hou om inheemse groepe groter seggenskap te gee in nasionale aangeleenthede. Die eerste minister, Anthony Albanese, het die besluit verwelkom. Hy moet nou ‘n datum vir die referendum vasstel. Dit moet nie later as Desember plaasvind nie. Albanese het die besluit beskryf as ‘n geleentheid om geskiedenis te maak en om nasionale eenheid te bevorder.