Walvisbaai stoot water op met 5%, erfbelasting met 3%
Die Walvisbaai-munisipaliteit het ‘n 5 persent verhoging vir water en 3 persent verhoging in erfbelasting vir die huidige finansiële jaar aangekondig. Die plaaslike owerheid het ook in sy begroting 609 miljoen Namibiese dollar vir kapitaalprojekte aangekondig maar die projekte oor meer as ‘n jaar uitgevoer word met 312 miljoen dollar van die bedrag wat vir die huidige boekjaar begroot is. Ongeveer 18,5 miljoen dollar is begroot vir die ontwikkeling van porsie 11 van Farm 37 terwyl 10,5 miljoen dollar bestee sal word op elektrifisering in porsie 10. Beide dele sal 727 erwe oplewer waarvan 677 residensieel is. Die ontwikkeling van die gebied is uiters belangrik veral na die verwoestende Twaloloka-brand op 26 Julie 2020 wat honderde haweloos gelaat het. Die munisipaliteit het ook 38,2 miljoen dollar opsy gesit vir ontwikkelings in Meersig en Narraville wat 157 residensiële erwe sal oplewer.