Trump-prokureur bedank in twee van sy sake

’n Prokureur wat reeds verlede week bedank het in die verdediging van Donald Trump in die kriminele saak oor sy hantering van geklassifiseerde dokumente, het ook bedank in ‘n ander saak wat Trump het. Jim Trusty het onversoenbare verskille as die rede vir sy jongste bedanking aangedui. Hy het stukke by die hof in die verband ingedien – oor die lastersaak wat Trump teen CNN aanhangig gemaak het, waar hy ook Trump sou verdedig. Trusty moet die hof vir toestemming vra om te bedank, ingevolge Amerikaanse wette. Die verwikkeling onderstreep weereens die spanning binne Trump se groep prokureurs. Daar is reeds maande berigte van binnegevegte.