Shell sê eerste olie eers in 2030, nie 2029 nie
Die internasionale olie-reus Shell, wat evalueringswerk op PEL-39 doen om die kommersiële lewensvatbaarheid van die bronne te bepaal, sê die eerste olieproduksie van sy ontdekking onwaarskynlik is voor 2030. The Brief berig dat onlangse vloeitoetse uiters belowend was na die ontdekking van die bron in Maart by die Jonker 1X-put, 270 kilometer aflandig van die Namibiese kus. Vroeër die maand het Namcor aangekondig dat die land teen 2029 met olieproduksie sal begin. Volgens die regering se ramings kan die Shell- en Total Energies-ontdekkings jaarlikse belasting en tantième genereer wat wissel van 60 miljard tot 95 miljard Namibiese dollar met die potensiaal om 3 600 werksgeleenthede te skep op die hoogtepunt van produksie.