Klasaksie-saak teen lykshuisbaas wat liggaamsdele verkoop

Die seun van ‘n Amerikaanse vrou wat haar liggaam aan die Harvard Mediese Skool geskenk het vir wetenskaplike navorsing, het ‘n klasaksie-saak aanhangig gemaak na bewerings dat die universiteit se voormalige lykshuisbestuurder liggaamsdele gesteel en verkoop het. Die saak wat in Boston, Massachusetts aangehoor sal word, kan die families van soveel as 400 mense insluit. Vroeër die week het ‘n federale groot jurie die voormalige lykshuisbestuurder Cedric Lodge en vier ander beskuldigdes aangekla oor bewerings dat hulle geskenkte oorskot op die swartmark verkoop het. Die 55-jarige Lodge en sy vrou, het na bewering liggaamsdele soos koppe, breine, vel en bene te verkoop aan ander beskuldigdes wat in die federale klagstaat gelys is. Dié aankope is blykbaar herverkoop.