Jan Alleman sal betaal vir Eskom-salarisverhogings

Suid-Afrikaanse ekonome het te midde van die voortslepende beurtkrag en kragonderbrekings, finansiële reddingspakette en gebrekkige infrastruktuur, hulle skok en kritiek uitgespreek teenoor Eskom se loonooreenkoms met vakbonde. Die Efficient Group-ekonoom, Dawie Roodt, sê die jaarlikse loonooreenkoms is ‘n klap in die gesig van belastingbetalers. Hy verwys ook na die hoë werkloosheidsyfer. Gerald Mwandiambira van die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut waarsku teen die moontlike finansiële las op belastingbetalers weens verhoogde elektrisiteitsrekeninge of staatsubsidies. Die sewe persent-ooreenkoms sal van volgende maand af tot 2026 van krag wees.