Derick Hougaard in hoësorg, bewusteloos sedert 9 Junie

Die oud-Springbok Derick Hougaard veg na wat berig word om sy lewe in ‘n Pretoriase hospitaal. Uit die buurland word berig die 40-jarige rugbyheld, wat tydens sy dae op die veld die Liefling van Loftus genoem is, het ’n week gelede gaan slaap en het sedertdien nog nie weer wakker geword nie. Hy ly blykbaar aan ‘n ernstige longinfeksie en is in hoësorg. Hougaard het na wat berig word aan ‘n dokumentêr oor sy lewe gewerk voordat hy in die hospitaal opgeneem is.