Theo Borstlap se begrafnis op 23 Junie op Otji

Die begrafnisdiens van die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap sal na verwagting volgende Vrydag 23 Junie om tien-uur die oggend by die Paresis-stadion op die Noorde-dorp plaas. Die begrafnis vind na die diens by die Otjiwarongo-begraafplaas plaas. Borstlap het op 4 Mei op sy plot ernstige brandwonde opgedoen waarna hy na die Millpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is. Hy is op 6 Junie in dié hospitaal oorlede. Borstlap se skoonseun Jacques Celliers het met Kosmos 94.1 Nuus oor die reëlings gesels…