Swakop werk hard aan sanitasie en water
Die Swakopmund-munisipaliteit het die afgelope jare sy begroting vir water- en sanitasie-infrastruktuur opgeskerp om die tipe kritieke infrastruktuur-werk wat eie aan die dorp is, uit te voer. Wilfried Groenewald, voorsitter van die raad se bestuurskomitee, het tydens onlangse die begrotings-vergadering aangedui die kapitaalbegroting vir water en sanitasie vir die 2023/24-boekjaar 40 miljoen Namibiese dollar is. Dit is deel van die raad se 685 miljoen dollar algehele begroting, wat ‘n bedryfsbegroting van meer 527 miljoen dollar en ‘n kapitaalbestedings-begroting van 158 miljoen dollar insluit. Die opgradering van die Swakopmund-vliegveld se aanloopbaan sal na verwagting 2,5 miljoen dollar kos. Die raad beplan om die vliegveld na ’n kategorie C-lughawe op te gradeer om meer toeriste na die kusdorp te lok.