Oos-Kaapse Cannon vir twee jaar geskors van rugby

Rugby: Die president van Oostelike Provinsie, Maasdorp Cannon, is vir twee jaar geskors omdat hy gesê het SA Rugby is rassisties. Hy sal nie toegelaat word om enige pos te beklee of deel te wees van enige strukture van Saru nie. Die organisasie sê hy is skuldig bevind aan oortreding van sy grondwet en gedragskode oor opmerkings wat hy twee jaar gelede tydens ʼn gedenkdiens vir die voorryman, Godfrey Thorne, gemaak het. Cannon het gesê Saru en die Springbok-embleem is rassisties en die president, Mark Alexander, en sy adjunk, Francois Davids, is verraaiers.