Omstrede ‘kondoom-tender’ weer oopgestel

Die Sentrale Verkrygingsraad het ‘n nuwe tender bekend gestel. Die tender, vir die verskaffing van kliniese produkte aan die gesondheidsministerie, vorm deel van goedere wat nog nie bekom is nie omdat die deel was van wat bekendstaan as die omstrede kondoom-tender vroeër vanjaar. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het weer onlangs sy kommer uitgespreek oor die vertraging wat deur die kansellasie veroorsaak is en het gesê die goedere word dringend benodig. Die raad se woordvoerder Johanna Kambala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Sy sê betaling hoef nie te geskied om die dokument te bekom nie en meen die proses is deursigtig. Sy verduidelik.