NSI sal standaarde vir pluimvee-bedryf daarstel
Die Namibiese Landbou-unie sê plaaslike pluimveestandaarde word ontwikkel. Volgens die unie, het die groei van die pluimveebedryf, wat braaikuikens en eiers uitsluit, in 2021 op 1,2 miljard Namibiese dollar gestaan, en met amper 9 persent verlede jaar gegroei. Lêhenne het met 13,5 persent gegroei tot 565 000 in 2022, wat beteken dat 1,6 miljoen meer eiers verlede jaar, op 13,7 miljoen, geproduseer was. Die eier-sektor het baie goed presteer ten spyte van uitdagings met goedkoop invoere van uit veral Zambië. Met inagneming van die groei van die plaaslike pluimveesektor en die aantal ingevoerde pluimveeprodukte wat die land binnekom, is dit noodsaaklik dat die sektor minimum standaarde voorskryf. Die Pluimvee-produsentevereniging die Namibië Standaarde Instituut versoek om plaaslike standaarde te ontwikkel. ’n Tegniese komitee is vir die braaikuikensubsektor gestig en daar word nou op ’n konsep gewag. Wat die ontwikkeling van plaaslike eierstandaarde betref, het die NSI onlangs die versoek vir standaarde van die vereniging goedgekeur.