Nog onduidelikheid oor SA huurvlug in Warskou
Daar was drama voor President Cyril Ramaphosa uit Pole vir sy vredesending na Oekraïne vertrek het. Sy veiligheidspan en ‘n groep Suid-Afrikaanse joernaliste het op die Chopin-lughawe in Warskou vasgeval. Die Presidensie het intussen die versekering gegee dat Ramaphosa veilig is, ondanks die feit dat meer as 100 veiligheidsbeamptes wat Ramaphosa moes vergesel, steeds nie uit Pole kon vertrek nie. Volgens Poolse owerhede het die groep nie die korrekte dokumente nie. Geen amptelike kommunikasie of tydlyn vir die vliegtuig se vertrek is nog gegee nie, en die situasie bly onseker. Die President se woordvoerder Vincent Magwenya het die situasie só opgesom.