Nege gearresteer oor bootramp langs Griekse kus
Nege mense is in hegtenis geneem nadat ‘n boot aan die Griekse kus omgeslaan en minstens 78 mense dood is. Die volgepakte vissersboot, wat uit Libië vertrek het, het in die diepsee omgeslaan. Volgens berigte was daar tussen 400 en 750 mense aan boord. Die Griekse owerhede sê 104 mense is uit die see gered. Die kuswag hou vol hulle het alles in hul vermoë gedoen om die migrante te hulp te snel, maar beweer die aanbod is van die hand gewys. Talle mense beweer egter dat hulle moreel verplig is om in so ‘n situasie in te gryp.