Namibiese suiwelprodusente vergader in Julie
Roumelk-produksie in Namibië het van 23,9 miljoen liter in 2018 tot 15 miljoen liter in 2021 gedaal. Nogtans het die sektor in 2022 gestabiliseer met ’n volume toename van sowat 3,8 persent teenoor die 2021-syfers. ‘n Verbetering in produksie van rou melk tesame met ‘n prysverhoging teen die einde van 2022, het produksiewaarde met 5,3 persent opgestoot. Dus het die beraamde produksiewaarde van 93,7 miljoen Namibiese dollar tot 98,6 miljoen dollar toegeneem. Die sektor toon groeipotensiaal, maar daar is ‘n dringende behoefte om volhoubare groei te verseker. Die tema vir vanjaar se Suiwelprodusente-vereniging se ledevergadering en inligtingsdag op 10 en 11 Julie by Xain Quaz buite Gobabis is ‘Op pad na ‘n volhoubare langtermyn-oorlewing van die suiwelsektor’.