Namibië se befondsingsdeel van Event Horizon Telescope is voltooi

Die Nederlandse Navorsingsraad het ‘n toekenning van 3,45 miljoen euro, of te wel 69,7 miljoen Namibiese dollar toegeken aan ‘n Nederlandse span, saam met Britse, Finse en Namibiese sterrekundiges, wat die eerste kleurfilms van swart gate moontlik sal maak. Die sterrekundiges sal die eerste millimeter-golf radioteleskoop in Namibië bou. Dit sal deel wees van die wêreldwye Event Horizon Telescope-netwerk wat die eerste foto van ‘n swart gat geneem het. Die teleskoop sal help om ‘n beter begrip te kry van die volle reeks swart gate in die heelal, groot en klein. Zandre Duvenhage, die projek se skakelbeampte by Radboud-universiteit het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.