Namibië, SA beveg beide koperkabel-diefstal

Namibië en sy buurland het groot uitdagings met koperkabel-diefstal. Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê plaaslike owerhede moet met nuwe idees na vore kom om kabeldiefstal te beveg. Dis veral elektrisiteit en spoorlyne wat deur kabeldiefstal geraak word. Masemola sê ‘n streng beleid rondom die uitvoer van koper behoort ingestel te word. Op plaaslike front het die uitvoerende hoof van Cenored, Charlie Matengu met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gepraat.