Boris is in die sop, komitee bevind hy het 108 keer gelieg oor Partygate
Die Britse parlement se voorregtekomitee sê die voormalige premier, Boris Johnson, het 108 keer gelieg oor Partygate en ten minste agt keer vir die parlement gelieg.
Die komitee beveel aan dat Johnson toegang tot die parlement geweier word omdat hy parlementslede opsetlik mislei het. Johnson het in sy reaksie herhaal hy is onskuldig, en die verslag as onsin afgemaak. Die parlement sal Maandag die komitee se aanbevelings oorweeg. Intussen het die onderleier van die opposisie-Arbeidersparty, Angela Rayner gesê die minste wat hy kan doen is om verskoning vra.