Afrika doen uiters goed met erkenning van grondregte

Afrika Suid van die Sahara het tussen 2015 en 2020 ‘n toename van 12 persent in die wetlike erkenning van kommunale grondregte vervaar. Volgens die Rights and Resources Initiative is dit die hoogste van enige streek ter wêreld. Byna al hierdie erkennings het plaasgevind in Kenia, wat die Wet op Gemeenskapsgrond in 2016 goedgekeur het, en Liberië, wat die Wet op Grondregte in 2018 goedgekeur het. Die Demokratiese Republiek van die Kongo, met al sy probleme, het in 2022 ‘n geskiedkundige wet aanvaar wat die regte van die inheemse pygmy-volk ondersteun. ’n Onlangse studie deur Frontiers, ’n wetenskap-navorsingsuitgewer, toon in gebiede waar inheemse en gemeenskapsgrondregte bindend is, daar hoë voorkoming van bosbrande en ontbossing is omdat brandvoorkoming in gemeenskapswoude gekoppel is aan gemeenskappe se gebruik van tradisionele kennisstelsels.