VN: Klimaatsverandering veroorsaak Sikloon Freddy

Wetenskaplikes van die Verenigde Nasies het bevind die oorsaak van Sikloon Freddy wat Malawi getref het, kan toegeskryf word aan klimaatsverandering. Die storm het oor ‘n tydperk van vyf weke in Februarie en Maart erge verwoesting veroorsaak en die lewens van 1 434 mense geëis. Wetenskaplikes sê die swaar reën het bo-grond verwyder, wat verwoestende grondstortings tot gevolg gehad het. Die uitvoerende direkteur van die VN se Omgewingsprogram, Inger Andersen, sê die wêreld se ontwikkelde lande behoort te help met pogings om ontwikkelende lande in staat te stel om ‘n veranderende klimaat te weerstaan.