VF+ sê 53% van nuwe huise in Kaapstad informeel sal word
Die Vryheidsfront Plus waarsku 53 persent van nuwe huise in Kaapstad sal oor 20 jaar informele strukture wees. Erkende informele nedersettings het reeds toegeneem met 60 000 strukture. Die party dring aan op dringende verstedelikings-beplanning om aandag te skenk aan die toestroming van mense en ‘n toekomstige vloed van hawelose inwoners te vermy. Die VF Plus-lid, Grant Marais, sê die behuisingsagterstand van meer as 400-duisend moet onmiddellik aandag kry om te verhoed dat die stad ‘n reuse plakkerskamp word: