Vasgevang soos ‘n toebroodjie met jou begroting?
‘n Spaar- en beleggings-opname wat twee jaar gelede deur Old Mutual gedoen is, dui aan dat 63 persent van Namibiërs tussen twee generasies wat finansieel op hulle staatmaak, vasgevang is. Hierdie groep mense in hul 40’s en 50’s, kan dikwels tussen twee generasies soos ‘n toebroodjie vasgedruk voel. Die ‘toebroodjie-generasie’ verwys na individue wat verantwoordelik is om terselfdertyd finansiële ondersteuning aan beide hul bejaarde ouers en hul kinders op ‘n beperkte vergroting te verskaf. Hein Kruger, ‘n aftree-kenner van Kruger International in Suid-Afrika sê daar is verskeie redes daarvoor…