DA: N$168 miljoen aan konsultante bestee
Die DA in Gauteng is besorg dat die kontant-arm Emfuleni plaaslike munisipaliteit steeds geld op konsultante uitgee pleks van interne amptenare in te span. Die munisipaliteit het die afgelope ses finansiële jare 168 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan konsultante bestee om infrastruktuur op te gradeer. ʼn Woordvoerder van die DA, Kingsol Chabalala, sê dit is onthul deur die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Mzikayifani Khumalo, in ʼn skriftelike antwoord op die party se vrae wat in die provinsiale wetgewer ingedien is.