Tender uit 18 aansoekers vir Duin 7-konsessie toegeken

Die omgewingsinisterie het die tender vir die Duin 7-konsessie aan Sandwich Dune Tours en Safari toegeken nadat 18 maatskappye vir die tender aansoek gedoen het. Die ministerie se besluit om die toeriste-aantreklikheid deur ‘n konsessie-maatskappy te bestuur, volg op openbare kritiek oor die toestand van die gewilde oord se infrastruktuur, wat onlangs deur die ministerie opgeknap en opgegradeer is. Volgens die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda, sal die maatskappy ten minste 45 werkers in diens neem. Avontuur-aktiwiteite sal by Duin 7 aangebied word, insluitend valskermsweef, duine klim, sterre-kyk asook toere na Walvisbaai. Sandwich Dune Tours en Safari sal ook ‘n restaurant ontwikkel en spesiale geleenthede soos troues of korporatiewe funksies kan aanbied. Die restaurant sal ‘n swembad en ‘n kroeg hê wat tot laat saans oop sal wees en gaste kan oornag by die tien luukse chalets wat beplan word.