Reuse-voedselskaarste glo in Noord-Korea
Die Britse Uitsaaikorporasie het inligting van mense in Noord-Korea dat daar ‘n reuse-voedselskaarste is, en dat sommige mense van die honger sterf. Die BBC berig dat hy reeds maande lank in die geheim in aanraking was met drie Noord-Koreane wat die situasie eerstehands ervaar het. Die Noord-Koreaanse regering het die land se grense gesluit toe die Covid-pandemie uitgebreek het. Twee van die Noord-Koreane het met hul terugkeer na Brittanje vertel dat hul bure van die honger dood is. Die BBC het kenners oor die kwessie geraadpleeg wat sê dat die voedsel-situasie in dié land kommerwekkend is en moontlik erger is as wat verwag is.