Psigiatriese verslag: Johann Maree is geskik om verhoor te word

Die voormalige polisiereservis Johann Maree, wat daarvan beskuldig word dat hy minderjarige seuns seksueel misbruik en pornografiese materiaal van hulle op die donker web verfilm en verkoop het, is volgens ‘n psigiatriese verslag geskik om verhoor te word. Maree is op 30 April 2020 in hegtenis geneem en moet 75 klagte verdedig. Hy staar onder meer 24 klagte van verkragting, 18 klagte van kinderhandel en tien klagte van die gebruik van minderjariges om pornografie te vervaardig.  Regter Christie Liebenberg het vandag in die Windhoekse hoërhof beveel dat Maree sy op 20 Junie voor waarnemende regter Philanda Christiaan verskyn.