Namibië voer stryd teen verwoestyning, droogte
Namibië is ‘n dorre land wat toenemend verwoestyning, grond-agteruitgang en droogte in die gesig staar. Namibië sal by die wêreld aansluit by die herdenking van die Wêrelddag vir die Bekamping van Verwoestyning en Droogte. Dié dag word elke jaar op 17 Junie herdenk. Saterdag sal Namibië dié dag op Usakos in die Erongo-streek herdenk. Die wêreldwye fokus vir die 2023 is op vroue se grondregte. Dr. Caroline !Garus-Oas, die adjunk-omgewingskommissaris in die omgewingsministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…