Lughawe-vragchaos uitspraak vanoggend

Regter Shafimana Ueitele sal vanoggend om tien-uur uitspraak lewer in die dringende aansoek deur Menzies Aviation om sy posisie as vraghanteerder by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te behou. Hy sê in sy stukke dat die hooggeregshof, wat sy appèl teen die hoërhof se beslissing in Paragon se guns van die hand gewys het, nie in ag geneem het dat daar ‘n aanvullende beëdigde verklaring in die hoërhofsaak deur hom ingedien is nie. Daardie verklaring bewys volgens Menzies dat hy die tender vir vraghantering moes ontvang het. Vrag by die lughawe is in chaos gedompel die afgelope tyd en op die oomblik het beide Qatar Airways en Lufthansa ‘n verbod op vragvoervoer geplaas dus, kom niks in nie en niks gaan uit nie. Verliese beloop miljoene vir uitvoerders en talle het groot kommer oor die huidige krisis, met moontlike werksverliese wat kan voorkom.