Komitee sê vandag oor Boris en Partygate
Dit wil voorkom asof niemand bereid is om te praat oor die verslag van die Voorregtekomitee oor of oudpremier Boris Johnson vir die parlement gelieg het oor Partygate nie. Die verslag sal vandag bekend gemaak word. Die premier Rishi Sunak wou nie veel sê nie.
En Johnson wat vanoggend tydens sy drafsessie deur joernaliste voorgekeer is, was ook doodstil.