Hoë-profiel sake in die hof vandag
Hoërhofregter Christie Liebenberg het ‘n vol oggend vandag met verskeie ernstige sake wat voorkom vir opdaterings op die jongste liassering en meer. Onder andere kom die saak van die voormalige polisiereservis, die 50-jarige Johann Maree, wat daarvan beskuldig word dat hy minderjarige seuns seksueel misbruik en pornografiese materiaal van hulle op die donker web verfilm en verkoop het, voor. Maree is op 30 April 2020 in hegtenis geneem en moet 75 klagte verdedig. So ook die moordsaak van die omstrede Britse miljardêr Harvey Boulter. Hy word aangekla van die moord op sy voorman, Gerhard van Wyk in Februarie 2021. Rachel Kureva se moordsaak om ook vlugtig voor Liebenberg vanoggend. Sy is op 16 Januarie vanjaar gearresteer na bewyse na vore gekom het dat sy betrokke was by die dood van haar nege-jarige dogter Natalie Chipomho in Januarie 2020. Natalie se biologiese pa Edward Nkata en sy huidige vrou Caroline is ook aangekla van moord. Die saak het groot opslae gemaak omdat Natalie doodgeslaan is en haar half verbrande lyk is in ‘n asdrom in Windhoek-Noord gevind.