Gryslys is nie ‘n grap nie – ekonoom

Namibië werk hard om die sperdatum van 30 Junie wat deur die Finansiële Aksie-taakmag daargestel is, te haal om te keer dat die land op die gryslys, soos Suid-Afrika, geplaas word. Parlementslede bespreek tans aanpassing aan verskeie landswette wat verwant is aan finansiële dienste en meer. Daar is 11 wette wat ingevolge die Finansiële Aksie-taakmag aangepas moet word, met twee nuwes wat geskep moet word. Die taakmag monitor skuiwergate vir geldwassery en die finansiering van terrorisme. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se ekonomie-departement gesels oor presies wat ‘n gryslys-plasing behels.