Dooie aasvoël se snawel op ander een oorgeplant
ʼn Veeartsenykundige span van die Universiteit van Pretoria onder leiding van die veeartsenykundige natuurlewe-spesialis, professor Katja Koeppel, het ‘n merkwaardige prosedure uitgevoer op ‘n bedreigde Afrika-witrugaasvoël op die Onderstepoort-kampus. Die wyfie se bek is vergruis toe sy in Maart deur ’n motor getref is. Die snawel van ‘n dooie aasvoël is bo-op haar eie erg beskadigde snawel vasgeskroef. Die aasvoël is ingeneem deur die nie-winsgewende bewarings-organisasie, VulPro, en met die hand gevoer omdat sy nie op haar eie kon vreet nie.