G’n lae skuldigbevindingskoers in staatskaping
Die Suid-Afrikaanse Direktoraat vir Voorkeurmisdaad-ondersoek betwis aansprake van ‘n lae skuldigbevindings-koers in aangeleenthede wat met staatskaping verband hou. Die nasionale hoof, Godfrey Lebeya, het die media gewys op mylpale gedurende die vierde kwartaal van die finansiële jaar. Volgens hom glo mense anders, maar sy departement se prestasie met skuldigbevindings is 100 persent. Lebeya kritiseer die formule wat vir berekenings ingespan word, en sê dit skep die indruk gevalle van staatskaping word nie opgelos nie.