Amerikaanse soldaat, 22, bieg hy het ISIS gehelp om makkers te vermoor

‘n Twee-en-twintig-jarige Amerikaanse weermagsoldaat het skuld beken dat hy probeer het om ISIS te help om Amerikaanse soldate in die Midde-Ooste in lokvalle te lei en te vermoor. Hy het ook skuld erken op aanklagte dat hy probeer het om materiële steun te verleen aan ‘n aangewese buitelandse terreurorganisasie. Die Amerikaanse Departement van Justisie sê Cole Bridges, ook bekend as Cole Gonzales, het opleiding én leiding verskaf aan beweerde ISIS-vegters wat aanvalle beplan het, insluitend advies oor moontlike teikens in die stad New York. Hy staar tot 40 jaar tronkstraf in die gesig vir sy misdade.