Wêreldbeker: Netbal kry reuse-hupstoot in die KaapJune 13, 2023
Die tiende en jongste Wêreldbeker-muurskildery is by die Lotusrivier-ontspanningsentrum in Kaapstad onthul. Soortgelyke muurskilderye is vroeër in Langa, Khayelitsha, die Strand, Bellville-Suid, Atlantis, Mitchells Plain, Kuilsrivier en Makhaza onthul. Die toernooi begin op 28 Julie in die stad. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê netbal is een van die sportsoorte wat die vinnigste groei in gemeenskappe, onder meisies sowel as seuns, en Lotusrivier is geen uitsondering nie: