Onpartydige kongreslede in VSA wil Suid-Afrika strafJune 13, 2023

‘n Groep Amerikaanse kongreslede van die Demokratiese én die Republikeinse Party het volgens berigte President Joe Biden gevra om Suid-Afrika te straf. Hulle beskuldig die land dat hy sy militêre verhouding met Rusland die afgelope jaar versterk het. Die groep wat die Demokratiese senator Chris Coons insluit, wil hê vanjaar se beraad oor die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika moenie in Suid-Afrika aangebied word nie. Die land word beskuldig dat hy Rusland voorsien van wapens vir die oorlog in Oekraïne, maar die Suid-Afrikaanse regering ontken dit. Amerika is Suid-Afrika se tweede grootste enkele handelsvennoot naas China.