Openbare onderhoude vir hoofverkiesingsbeampte word in hoofstad gehouJune 12, 2023
Die Verkiesingskommissie sal op 30 Junie om tien-uur onderhoude voer vir die nuwe hoofverkiesingsbeampte. Theo Mujoro wat tans die pos beklee sal op 30 Augustus die amp verlaat. Die onderhoude met die vyf kandidate is oop vir die publiek en die media. Geregistreerde kiesers kan ook enige tyd voor die begin van hierdie vergadering skriftelik ‘n beswaar by die voorsitter van die kommissie indien teen die aanstelling van enige persoon. Kommissie-woordvoerder De Wet Siluka, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.